...en dit was more
...en dit was more
newage
[intro]
Die wêreld is in verwondering oor die koms van die dag.
Sy naa dors ge lês uit die kelk van die nag.
Die nagmis verdwyn voor die son se saffier.
Sy aanslag ontbint deur die dag se lû mier.
Die sonstrale breek oor die rug van die rant.
Vol soetwarm vreugde sy reis deur die land.
En glinster dan vrolik teen die kranse se wang.
Dit spoel deur die duister…waar nag skadus hang.

[verse 1]
Die stofpad verlate…wat slinger en sluip.
Die geur van karooplant…met deernis bedruip.
Namakwaland blomme..wat stuitig flankeer.
En kwistig hul verfkwas oor rotse drapeer.
Fie ooltjies verhef in ‘n lapwerk van kant.
Die mooiste van almal in die blomme kwadrant.
En kosmosse blom in kaleidoskoop kleur.
Maar fyner die lotûs in glorie en fleur.

[verse 2]
Welriekend die klank…orggidee en Jasmayn.
En sag is ‘n roosknop se bloedrooi satayn.
So trots en heldhaftig soos ‘n jong kawalier.
Staan die blom van my drome..die pluim angelier.
Die son en die koelte se twis sonder rede.
Die gras in die lommer se dankbre gebede.
Die herfs.. uit die kruik van die winter geskink.
Die somer wat snakkend in winter verdrink.

[bridge 1]
As die windjie..so stoeigraag..in hooimied baljaar.
Die oes op die land in sambreel gerf vergaar.
As die maaier se oeslem mee doonloos swaai.
En die koring verdor..deur die winter verraai.
Die rankplant wat wurgend die boabab knoei.
Sy slinger plant arms in geen jare gesnoei.
En lispelint..stil singint..die blou waterval.
Met sproeimos getooi in die maag van die dal.

[chorus 1]
En soepel die wit timbavati se leeu.
maar witter die wit van die sprokies lant sneeu.
Die roep van die berghaan oor klowe en krans.
Die asem ontroof oor die pronkbok se dans.
Die heuning vool dartlend..met vlerke gefladder.
Die meerkat se angs oor die koms van die adder.
Die dassies wat piep teen matôppo se rant.
En kierr kierr die roep van die dwergie fiesant.

[verse 3]
Die arend se sweeftog teen hemelblou lug.
Oor talryk karoobos…deur die lente bevrug.
En kyk net die wind…deur die blouvalk se kuif.
Wat geruisloos die arend se wieke omskryf.
As die wind sy ou wieë op blaartop be klaa.
Dan laggend en spelend die tolbos verja.
Hoor die tortelduif koor in die eikebos laan.
En ritsel die blaar in hul lentegesang.
[outro]
Ek staan in aanskoue…deur die wonder ontroer.
Die lied van die Skepping…vir my.. die…troebadoer.
En word ek wel eendag van die aardse bevry.
As ek staan voor die skepper en Hy vra dalk vir my.
Wat is dit wat jy van die meester begeer.
U natuur net…o Here…gee dit vir my weer.